Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/28/2015

Roomys met perskes en frambose

Die roomys is die hoofbestanddeel so maak seker jy het genoeg daarvan – in verhouding met die ander bestanddele natuurlik. Plaas dit in ’n groot glasbak. Moet nie suinig wees nie, jou bak moet ten minste half wees.

Bo-op die roomys pak jy perskes wat geskil en gehalveer is. Iewers op die webwerf is ’n blad wat jou vertel presies hoe om perskes te skil.

Nou gooi jy ’n sous oor wat jy gemaak het deur frambose fyn te druk deur ’n sif.

Bo-oor strooi jy flentertjies gevlokte amandel – as jy het, anders los jy dit.

’n Lieflike storie die.

No comments :

Post a Comment