4 kg volstruisboud
Olie
Marinade:
4 wortels, in blokkies gesny
2 uie, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
2 lourierblare
4 kruinaeltjies
Swartpeper
750 mℓ rooiwyn
2 suurlemoenblare
’n knypie tiemie
30 mℓ meel
Sout
30 mℓ olie
30 mℓ botter
Vryf die boud in met olie daarvoor in die marinade geplaas word. Dit verhoed dat die vleis swart word.
Meng al die bestanddele vir die marinade en plaas die boud daarin. Die vleis moet so te sê bedek wees. Laat dit staan vir ’n minimum van 24 uur – verkieslik 3 dae. Draai dit 4 keer om in die tyd.
Verhit die olie en botter in ’n groot swaarboompot en strooi die meel en sout oor die een kant van die boud.
Haal die boud uit die marinade en plaas dit in die pot en wanneer dit toegeskroei is strooi jy meel en sout oor.
Draai die vleis om en braai die ander kant.
Gooi nou die marinade by en laat dit vir 1 uur lank stowe in ’n 180°C-oond.
Stowe nou nog 2 uur by 135°C, of tot die vleis sag is. Die sous moet nooit kook nie.
Skep die wortels en uie uit en hou eenkant warm.
Laat die boud vir 30 minute in die res van die sous rus.
Verwyder die boud uit die sous en sny op.
Die sous kan afgekook word en verdik word met ’n ekstra bietjie meel indien nodig.
Sit die volstruisboud voor met gestoofde vrugte en soetpatats.
Garneer die vleis met die wortels en uie.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment