Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/07/2016

Filet met soetrissie

30 g gedroogde sampioene
5 mℓ mielieblom
’n blokkie vleisaftreksel
15 mℓ sojasous
5 mℓ sesamolie
500 g beesfilet, in blokkies of repies gesny
40 mℓ olie
1 fyngedrukte knoffelhuisie
2 klein uie, in kwarte gesny
1 groen soetrissie, in dun repe gesny
1 rooi soetrissie, in dun repe gesny
250 g Chinese noedels, gekook en gedreineer

Bedek die sampioene met warm water en laat dit 30 minute staan voor jy dit dreineer.
Druk die oortollige water uit die sampioene en verwyder die stingels. Sny die sampioene dan in dun repies.

Meng die mielieblom, aftreksel, ¼ koppie water, sojasous en die sesamolie. Hou dit eenkant.

Verhit die olie in ’n pan of wok en roerbraai die knoffel vir 15 sekondes.
Voeg die vleis by en roerbraai vir nog 5 minute.
Voeg dan die uie by en roerbraai vir ’n verdere 2 minute.
Nou volg die sampioene en soetrissie. Roerbraai vir 2 minute.

Roer die sous en gooi dit by die vleis in die pan. Verhit tot die sous kook en begin verdik.
Bedien die vleismengsel oor die noedels.

No comments :

Post a Comment