Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/05/2016

Latte Macchiato

Skielik wil almal weet wat is ’n Latte Macchiato.

Dit is nou wel nuut op Starbucks se spyskaart, maar dit is beslis nie ’n Starbucks-uitvindsel soos baie mense nou dink nie. Koffie aficionados sal jou gou vertel dat die Latte Macchiato ’n integrale deel van die Italiaanse koffiekultuur is. Basies word espresso in gestoomde melk gegooi sodat dit lyk asof die melk gevlek is.

Hier is ’n resep vir diegene wat nie ’n moderne koffiemasjien by die huis het nie:

Berei espresso voor en hou dit warm.

Verhit 150 mℓ melk in die mikrogolf oond tot dit baie warm is.
Gooi dan die melk in ’n lang deurskynende beker. Vul sowat ⅓ van die beker. Jy sal nog melk oorhê daarna.

Van die res van die melk maak jy skuim deur dit te klits of deur ’n ballonklitser te gebruik asof jy probeer vuurmaak daarmee – tussen jou palms.
Skep die skuim met ’n lepel in die beker. Vul weer ’n ⅓ van die beker.
Nou gooi jy die espresso versigtig oor die skuim. Die idee is dat dit min of meer bo-op die melk in die onderste ⅓ van die glas bly.
Vul nou die glas met skuim.

No comments :

Post a Comment