Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/14/2016

Patio-brood

Ons noem die een sommer patio-brood. Jy sal hom aantref op die lys van partytjie treffers.

150 g kaassmeer
125 mℓ sagte botter
125 mℓ medium sjerrie
30 mℓ vars gekapte pietersielie
Fyngedrukte knoffel na smaak
Franse brood

Meng die kaas, botter, wyn, pietersielie en knoffel saam.

Sny die lang Franse brood in die dwarste indik snye, maar sny net tot by die onderste korsie en nie deur nie.
Smeer die kaasmengsel tussen die snye.
Draai die brood toe in aluminiumfoelie en plaas op ’n bakplaat.
Bak 30 minute by 180°C.
Jy kan dit ook op die braai maak oor ligte kole.

Sit dit vuurwarm voor.

No comments :

Post a Comment