Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/12/2016

Pikante slaai / Aromatic Salad

Die bron van dié resep insinueer dat dit van Moldawië afkom. Dit is te betwyfel, hoewel jy kan seker wees die wynasyn maak dit gewild in dié land. Ek sal raai dis Frans of Italiaans.

Die resep is vir 2 tot 3 persone.

Die eerste bestanddeel is tamaties. 2 groot tamaties wat fyn opgesny is. Jy sal egter sien dat ek klein rosa tamaties gebruik het wat ek in klein ringetjies gesny het. Klein kersietamaties is gewoonlik aan die suur kant, so ek gebruik eerder klein rosa tamaties. Ek het 250 g gebruik.

Dan ’n lekker stuk komkommer. Die lengte van jou hand behoort groot genoeg te wees. Sny dit in klein stukkies.

’n Soetrissie wat jy ook in stukkies gesny het. Ek het ’n gele gebruik, maar groen of oranje sal ook werk.

Voor ons dit meng het ons ook 60 mℓ gekapte Italiaanse pietersielie nodig.

Meng alles saam in ’n slaaibak – dit lyk waarskynlik mooi in ’n witte. Plaas kleefplastiek oor en hou dit in die yskas vir ten minste ’n uur, sodat die geur kan trou. Hoe langer hoe beter, maar pasop dat die groente nie begin verlep nie.


Intussen maak jy die slaaisous: Meng 50 mℓ rooiwynasyn met ’n skeut sout en ’n paar draaie swartpeper. Gooi nou 50 mℓ olyfolie by terwyl jy dit met ’n ballonklitser klits. Hou die sous ook in die yskas en gee dit so een veeg met die ballonklitser voor jy dit oor die slaai bedien.

Net voor jy dit bedien krummel jy feta oor.

No comments :

Post a Comment