’n Verfrissende nagereg wat perfek is om enige somer-maaltyd mee af te sluit.
Voorbereidingstyd: 20 minute, plus ten minste 6 uur om te vries.
Lewer: 2 liter of 10 – 12 porsies
3 medium grootte mango's, geskil en die pit verwyder
250 mℓ suiker
2 eiers, geskei
250 mℓ room
Kombineer die mango's en 1/3 van die suiker tot dit ’n gladde mengsel is – ’n voedselverwerker is jou beste vriend hiervoor.
Klop die eiergele en 1/3 van die suiker tot dit ’n dik, vaal geel mengsel is.
Klop die eierwitte styf en klop dan gelydelik die laaste 1/3 suiker by tot dit ’n stywe meringue is.
Klop die room styf en roer dan al die bestanddele versigtig saam tot dit goed vermeng is. Gooi dit in ’n houer met ’n deksel wat geskik is vir die vrieskas.
Vries die roomys vir ten minste ses uur, verkieslik oornag.
Resep: Carolie de Koster
Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.
Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com
Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows).
Lees meer oor Art of Cooking
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment