Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/26/2016

Gemarineerde sardyne / Sardèle in Saór

500 g skoongemaakte sardyne, jy kan ook harders gebruik
Meel
Olyfolie
Sout
2 groot uie, in ringe gesny
250 mℓ witasyn

Braai die sardyne in baie olyfolie in ’n pan tot dit alkant bruin is.
Lig dit uit met ’n gaatjieslepel en laat dit dreineer op handdoekpapier.
Strooi sout oor.

Braai die uie in vars olyfolie, so 80 mℓ. Braai tot dit goudbruin is.
Gooi nou 'n bietjie meel en die asyn by en kook af tot die sous begin verdik.

Pak die sardyne in lae in ’n klein, maar diep bak, verkieslik een van emalje. Moet nooit vlekvrye staal of koper gebruik nie.
Gooi sous oor elke laag.
Die vis moet toe wees onder die sous.
Bedek en laat op ’n koel plek staan vir 2 dae.

Opsioneel: Jy kan dit geur deur kruie van jou keuse by te voeg, of dennepitte en pilose wit sultanas.

No comments :

Post a Comment