Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/17/2016

Gestoofde appelkose in brandewynstroop

Halveer en ontpit jou appelkose voor jy begin.

Meng 250 mℓ suiker en 250 mℓ water in ’n souspan. Verhit dit stadig terwyl jy aanhoudend roer. Roer tot die suiker opgelos is.
Kook nou die appelkose in hierdie stroop vir 15 minute.

Lig die appelkose uit die stroop met ’n gaatjieslepel en plaas op die bord waarop jy hulle gaan bedien.

Gooi 125 mℓ brandewyn by die stroop en kook verder vir 5 minute.
Gooi die stroop oor die appelkose en laat dit afkoel.
Hou dit ’n klein tydjie in die yskas voor jy dit bedien.



(foto: Isabelle Boucher)

No comments :

Post a Comment