Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/13/2016

Gestoofde pere in brandewynstroop

Jy hoef nou nie meer te wonder wat mens doen met daai klein harde pere wat jy by die supermark kry nie.

Los hulle so heel en ongeskil. Jy kan selfs die stingel aan los. As jy wil, kan jy ’n paar naeltjies in die pere druk daarom meer geur te gee.

Meng 250 mℓ suiker en 250 mℓ water in ’n souspan. Verhit dit stadig terwyl jy aanhoudend roer. Roer tot die suiker opgelos is.
Kook nou die pere in hierdie stroop vir 15 minute.

Lig die pere uit die stroop met ’n gaatjieslepel en plaas op die bord waarop jy hulle gaan bedien.

Gooi 125 mℓ brandewyn by die stroop en kook verder vir 5 minute.
Gooi die stroop oor die pere en laat dit afkoel.
Hou dit ’n klein tydjie in die yskas voor jy dit bedien.

(foto Dana McMahan)

No comments :

Post a Comment