Verder benodig jy:
Meel
2 uie, in halwe ringe gesny
1 knoffelhuisie, skoongemaak
110 mℓ olie
4 ansjovisfilette, fyngekap
’n hand vol pietersielie, fyngekap
60 mℓ gerasperde parmesaan
Melk
Was die vis skoon van die sout en laat uitdroog.
Braai die uie en die heel knoffelhuisie in 30 mℓ olie. Wanneer die knoffelhuisie verbruin het verwyder jy dit en gooi weg.
Meng die ansjovis en pietersielie met die uie. Gebruik ’n houtlepel.
Laat die vis gevlek voor jou lê (oop). Strooi bietjie meel oor en die parmesaan oor die binnekant.
Smeer die helfte van die uiemengsel oor die binnekant van die vis.
Vou die vis toe en sny dit in steaks van so 5 cm dik.
Pak die steaks sy aan sy in ’n pot – verkieslik een van erdeware.
Gooi die orige 80 mℓ olie en ’n bietjie melk oor die vis.
Gooi die res van die uiemengsel oor die vis.
Kook die vis stadig oor lae hitte met die deksel op tot dit gaar is – hoe langer hoe beter.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment