Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/24/2016

Pulcinella

Hierdie is ’n baie eenvoudige resep. Dit is tamatie en uie wat jy met macaroni bedien. Mense noem dit ook Macaroni Neapolitan, maar die Italianers praat van pulcinella.

Die macaroni maak jy gaar soos hulle op die verpakking beskryf. Hou dit eenkant.

Breek 1 kg tamaties sommerso met die hand in stukke en sny ’n paar uie baie fyn op.
Kook dit alles saam.
Nou maak jy dit fyn met ’n voedselverwerker. As jy nie een het nie kan jy dit op die ou manier doen, druk dit deur ’n sif.
Nou gooi jy ’n lekker klomp olie in ’n pot en jy gooi die tamatiemengsel by.
Kook dit tot die sous met die helfte verminder het.

Bedien die sous oor die macaroni en strooi parmesaan oor.

No comments :

Post a Comment