Bestanddele:
3 koppies (270 g) meel
2 koppies (390 g) strooisuiker
3 eetlepels (45 mℓ) goeie gehalte kakaopoeier
1 teelepel (5 mℓ) koeksoda
4 teelepel (20 mℓ) bakpoeier
Knippie sout
2 koppies (500 mℓ) kookwater
1 koppie (250 mℓ) canola-olie
1/3 koppie (80 mℓ) wit asyn
1 teelepel (5 mℓ) vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 C. Plaas kolwyntjie omhulsels in pan.
Meng die meel, strooisuiker, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout saam in 'n bak.
In 'n aparte bak, meng die kookwater, olie, asyn en vanieljegeursel.
Gooi nat bestanddele by die droë bestanddele en meng om te kombineer.
Skep beslag in die kolwyntjie omhulsels dan bak vir 20 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom.
Verwyder uit die pan en laat afkoel voordat jy dit versier.
Vir die sjokolade ganache versiersel:
Plaas ’n ½ koppie (125 mℓ) room, gerasperde sjokolade, 2½ eetlepels (37½ mℓ) Antonella Tiramisu likeur en ½ koppie (125 mℓ) botter in 'n bain-marie oor kookwater.
Verhit dit stadig tot die sjokolade gesmelt en die mengsel glad en blink is.
Verwyder van die hitte en laat afkoel tot kamertemperatuur.
Versier die afgekoelde kolwyntjies met die ganache.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment