Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/28/2016

Geroosterde botter / Beurre à la broche

Klop 250 g sagte botter met ’n houtlepel tot romerig.
Roer by vars, gekapte kerwel, dragon en grasuie. Voeg ook ’n skeut suurlemoensap by.
Rol die botter in die vorm van ’n vet sigaar en plaas dit in die yskas tot dit weer hard is.

Rol die harde botter in broodkrummels daarom so goed as moontlik te bedek. Dit moet ’n lekker dik kors vorm.
Gooi ’n bietjie gesmelte botter oor en plaas onder ’n oondrooster vir 8 minute. Draai dit gereeld sodat die kors van broodkrummels verbruin.

Dit moet dadelik bedien word.

Dit is veral geskik vir vis en groente.

Opsie: As jy hou van ’n uitdaging kan jy dit in bakpapier toevou en probeer om dit oor die kole te doen.

No comments :

Post a Comment