Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/11/2016

Geurige hoender en groente met Mole-sous

Hierdie gereg word bedien met Mole-sous en basmati rys.

2 wortels, in dun repies gesny
2 stingeluie, fyn gesny
2 blokkies hoenderaftreksel
5 mℓ gemaalde paprika
500 mℓ kookwater
1 rooi soetrissie, in stukkies gesny
’n paar takkies tiemie
4 hoenderborsies
125 g gevriesde groenboontjies
125 g gevriesde ertjies
Sout en varsgemaalde swartpeper
60 g gerasperde parmesaan

Plaas die wortels, stingeluie, water, aftreksel, paprika, soetrissie en tiemie in ’n diep pan met ’n deksel oor medium hitte. Kook vir ’n paar minute.

Plaas nou die hoender, groenboontjies en ertjies by die groente en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Kook oor medium hitte tot die hoender gaar is.

Die hoender word bedien op basmati rys. Skep die hoender uit op die rys.
Meng nou die groente met die parmesaan.
Skep die groente uit rondom die rys.
Skep Mole-sous oor die hoender.

No comments :

Post a Comment