Mole-sous is ’n Mexikaanse sous. Die naam verwys na verskeie variasies van hierdie resep. Die Spaanse uitspraak vir “mole” klink soos “moolie”. Bedien dit met vleis of pluimvee.
3 stingeluie
2 skoongemaakte knoffelhuisies
2 jalapeno’s
5 mℓ gemaalde komyn
20 mℓ kookwater
60 g donker sjokolade
1 geskilde piesang
Die sap van 1 suurlemoen
Sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas die stingeluie, knoffel, jalapeno’s, komyn en water in ’n voedselverwerker en maak fyn.
Krap die sous uit in ’n verhitte pan en kook tot die vloeistof verdamp het.
Gooi dit nou terug in die voedselverwerker saam met die sjokolade, piesang en suurlemoensap. Verwerk tot fyn.
Geur met sout en peper na smaak.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment