’n klein bossie stingeluie, in stukke gekap
1 rissie, saad verwyder en in stukkies gesny
30 mℓ olyfolie
’n bietjie vars koljander
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 liter kookwater
60 g basmati
1 rooi soetrissie, saad verwyder en in stukke gesny
3 x 400 g blikke gekapte tamaties
Sout
’n hand vol vars kruisement, gebruik net die blare
Die sap van ½ lemmetjie
40 g feta, verkrummel
Verhit die olyfolie in jou soppot en braai die uie en rissie vir 1 minuut.
Gooi nou die knoffel, koljander, water, basmati, soetrissie, tamatie en ’n knippie sout by. Plaas die deksel op. Prut vir ten minste 20 minute.
Laat die sop effens afkoel en maak dit dan fyn in ’n voedselverwerker saam met die kruisement. Gooi dit agterna terug in die pot.
Verhit die sop weer en geur dan met die lemmetjiesap en nog sout.
Strooi feta oor voor jy dit bedien.
Bedien die sop met nachos met kaas, tamatie, koljander en avokado.
Wenk: Bietjie suurroom by die sop voor jy dit bedien is ook lekker ... of selfs oor die nachos.
(foto: QVRP & Matt DeTurck)
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment