Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/13/2016

Pasta met botterskorsie-en-kekerertjiesous

Die sous klink dalk minder konvensioneel, maar glo maar, dis lekker.

1 blokkie groenteaftreksel, aangemaak met 500 mℓ water
½ botterskorsie, in stukke
1 ui, in stukke
’n ½ hand vol dille
1 droë rissie
’n ½ hand vol salie
1 400 g blikkie kekerertjies
20 g parmesaan
Gekapte pietersielie vir garnering
400 g van jou gunsteling pasta
Sout

Plaas die botterskorsie, ui, dille, rissie en salie in ’n voedselverwerker en verwerk tot in klein stukkies.
Plaas in ’n diep pan saam met die aftreksel en die hele inhoud van die blikkie kekerertjies. Plaas die deksel op en laat prut. Roer net af en toe.
Intussen kan jy jou pasta kook volgens die aanwysings op die verpakking.
Wanneer jou pasta gaar en gedreineer is geur jy jou sous met sout na smaak en roer die parmesaan by.
Meng die sous en pasta, garneer met die pietersielie en bedien.

No comments :

Post a Comment