In My gunsteling-resepte deel Siphokazi Mdlankomo haar lieflingresepte – van die eenvoudige botterbroodjies en gemmerbier wat sy jare gelede by haar ma leer maak het, tot watertandlekker beesstert, gebakte pere met kaneel en room en ander heerlikhede wat sy op pad na die MasterChef-finale ontwikkel het.
Al die resepte, van smullekker souse en doopsouse, verleidelike nageregte en maklike eenskottelgeregte tot tradisionele gunstelinge en gesofistikeerde samesmeltings, word gekenmerk deur haar eiesoortige kombinasie van geure en bestanddele.
Lieflike volbladfoto’s van die voltooide geregte sal enigeen se mond laat water en aanspoor om sommer dadelik die resepte op die proef te stel.
Die boek is ook in Engels beskikbaar as My Little Black Recipe Book.
My gunsteling resepte / Siphokazi Mdlankomo -- Metz Press, Januarie 2016; 144 p. ; sagteband. -- ISBN 9781928201649
My gunsteling resepte,
Bettie Blom,
31 Mei 2016.

No comments :
Post a Comment