Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/30/2016

Krapsous

Krapsous is veral geskik vir seekos.

25 mℓ mielieblom
30 mℓ water
15 mℓ olie
5 mℓ gerasperde gemmer
2 stingeluie, in stukkies gesny
5 mℓ droë sjerrie
’n klein blikkie krapvleis – ongeveer 165 g
310 mℓ hoenderaftreksel
60 mℓ melk

Meng die mielieblom en water in ’n bakkie en hou eenkant.

Verhit die olie in ’n souspan oor medium hitte.
Gooi die gemmer by en roer vir 10 sekondes.
Gooi die stingeluie, sjerrie en krapvleis by en roerbraai vir 1 minuut.
Gooi die aftreksel en melk by en bring tot kookpunt.
Roer die mielieblom-mengsel by die sous. Kook, terwyl jy aanhoudend roer tot die sous begin verdik.



(foto: Allerina & Glen MacLarty)

No comments :

Post a Comment