Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/04/2016

’n Tafel vir elke geleentheid

'n Boek propvol praktiese raad en inspirasie wat jou sal help om tafels te skep wat enige feesviering onvergeetlik sal maak.

Dit bevat volledige planne met tafelversierings, blomme en alles anders wat nodig is om tafels vir 25 verskillende geleenthede te dek, asook meer as 50 watertandlekker resepte en aanwysings om tafelelemente soos servetringe, naamkaartjies, plekmatjies, geskenkboksies en ander dekoratiewe bykomstighede te maak.

Praktiese inligting oor basiese beplanning, van die samestelling van inspirasieborde en idees vir ongewone onderborde tot die uitsoek van musiek en die volmaakte gasgeskenk, word aangevul deur uitgebreide fotobyskrifte wat die leser vertel hoe om alles na te doen. Die resepte is in ’n afsonderlike afdeling, gevolg deur aanwysings en patrone vir selfdoenprojekte wat nie volledig in die byskrifte gedek kon word nie.

Daar is ook ’n oorvloed wenke en voorstelle vir eenvoudige aanbiedingstegnieke, die skedulering van take sodat jy die geleentheid saam met jou gaste kan geniet, en maniere om jou persoonlike stempel op alles af te druk.

’n Tafel vir elke geleentheid / Fransie Snyman, Katrien van Zyl, Wilsia Metz -- Metz Press, Januarie 2016; 192 p. ; sagteband. -- ISBN 978-1-928201-66-3

’n Tafel vir elke geleentheid,
Bettie Blom,
4 Mei 2016.

2


No comments :

Post a Comment