Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/06/2016

Peer en bloukaas slaai

625 mℓ Antonella Tiramisu likeur
125 mℓ water
45 mℓ witsuiker
2 heel naeltjies
2 medium pere
125 g gemengde jong blaarslaai
150 g bloukaas, gekrummel
’n Hand vol boontjiespruite
Balsamiese reduksie

Meng die likeur, water, suiker en naeltjies in 'n medium-grootte kastrol. Bring tot kookpunt oor hoë hitte vir sowat 8 minute en roer tot die suiker heeltemal opgelos is, verminder dan die hitte na laag.
Skil, halveer en ontkern van die pere - los van die stamme aan.
Voeg die pere by die vloeistof in die kastrol en kook stadig tot dit net sag genoeg is om met ’n mes te deurboor.

Verwyder die kastrol van die hitte. Laat die pere in die vloeistof lê.

Pak die slaaiblare uit op 'n bord of in ’n slaaibak. Verkrummel die bloukaas oor die blare, plaas die pere bo-op, jy kan dit sny as jy wil, en strooi die boontjiespruite oor.
Bedruip met balsamiese reduksie en bedien dadelik.


No comments :

Post a Comment