Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/09/2016

Botter vir peuselhappies

Botter is ’n maklik en eenvoudige pasmaat vir peuselhappies. Omtrent enige bestanddeel kan by botter gevoeg word. Sorg net altyd dat dit glad en fyn is en dat jy dit korrek kombineer, ’n visbotter by ’n vleisgereg werk byvoorbeeld nie altyd lekker nie.

As jy ’n klein hoeveelheid southappies het, gebruik liefs die botter net so saam met ander smeersels. Vir iets soos reënboog-toebroodjies kan jy die botter kleur.

Berei die botter en bottersmeersels reeds die vorige dag.

In die winter is die botter geneig om baie hard te wees. Moet dit nie in ’n pan of mikrogolfoond smelt nie. Dit maak die botter olierig. Meng dit met ’n skeut kookmelk.

No comments :

Post a Comment