Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/08/2016

Geroosterde kaasbroodrolletjies

Rasper 500 g cheddar en smelt dit in ’n kastrol saam met 125 mℓ botter.
Roer 60 mℓ medium sjerrie en 2,5 mℓ Worcester-sous by.
Laat dit effens afkoel.

Smeer nou die mengsel om 24 dun snytjies witbrood (sonder korsies).
Rol elke snytjie styf op en halveer dit.
Plaas dit op ’n oondpan en rooster. Draai dit gereeld om sodat dit rondom bruin word.
Bedien dadelik.

Hierdie resep maak 48 rolletjies.

(foto: Keira Morgan)

No comments :

Post a Comment