2 wilde-eende, skoongemaak
300 mℓ port
150 mℓ aftreksel
2 uie, fyngekap
Sap vaan 1 bitterlemoen
Sout en peper
Knippie rooipeper
Braai die wilde-eende halfgaar en sny dan op in porsies.
Plaas 150 mℓ port, die aftreksel, uie, lemoensap, sout en peper en rooipeper in ’n kastrol. Laat prut oor lae hitte vir 5 minute.
Gooi die res van die port by en bring tot kookpunt.
Plaas die eend in die sous en proe vir sout en peper. Laat prut tot die eend sag is. Proe dan weer vir sout en peper.
Die gaarmaaktyd behoort so om en by 45 minute te wees.
Bedien hierdie eend saam met groenbone en geroomde aartappels.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment