Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/15/2016

Gesmoorde duiwe

2 duiwe, skoongemaak
120 g repies spek
1 wortel, in repies gesny
Sout en peper
1 ui, in repies gesny
1 selderysteel, in repies gesny
350 g botter
’n takkie tiemie
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 lourierblaar
150 mℓ witwyn
150 mℓ aftreksel

Draai een repie spek om elke duif.
Kap die orige spek fyn en smoor dit saam met die groente in die botter in ’n kastrol tot die groente begin verkleur.

Roer die geurmiddels by.
Plaas die duiwe op die groente en gooi die wyn en aftreksel by.
Prut vir 30 minute.

No comments :

Post a Comment