125 g botter
500 mℓ strooisuiker
1 blik kondensmelk
5 mℓ vanillageursel
Smelt die botter in ’n mikrogolfbak.
Gooi die strooisuiker by en meng.
Gooi die kondensmelk by sonder om te roer.
Mikrogolf vir 10 minute op hoog – of tot die mengsel bruin word. Stop elke 1 minuut en roer.
Laat die mengsel effens afkoel en klop dan met ’n houtlepel tot dit begin verdik.
Gooi in ’n bak wat met waspapier uitgevoer is en laat stol.
Sny in blokkies.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment