Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/09/2016

Aarbei-mousse / Mousse aux fraises

Jy kan met meeste vrugte en room ’n gestolde vorm maak vir nagereg. Dit is meer algemeen bekend as ’n moes (mousse).

’n Mousse moet ten minste ’n paar uur in die yskas spandeer daarom kans te gee om te stol. Ten minste 4 uur.

Gebruik ’n glas of metaal vorm.

Aarbeie is tans volop so hier is ’n resep vir aarbei-mousse. Dieselfde resep kan gebruik word vir braambessies of appelkose. Jy het ten minste een koppie fyngedrukte vrug nodig.

Maak die aarbeie skoon, verwyder die stingels en druk dit fyn. Jy moet dit verkieslik deur ’n sif druk. Jy kan dit versoet met ’n bietjie suiker as jy wil.

Die verhouding tussen room en vrugte moet 2 tot 1 wees. Jy gebruik dus 2 koppies room vir elke koppie vrugte.

Klits die room styf en meng dan die fyngekapte vrugte by.

Voer jou vorm uit met vingerbeskuitjies. Jy kan dit vooraf in likeur doop as jy wil.
Gooi dan jou vrugtemengsel in die vorm en hou in die yskas.

Dop die mousse uit op ’n bord en pak vars aarbeie rondom vir versiering. Hierdie aarbeie kan jy vooraf in likeur week.

Jy kan dit ook in aparte glasies bedien sonder die vingerbeskuitjies.

No comments :

Post a Comment