Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/07/2016

Gebakte mieliegereg met kaas

Roer 500 mℓ gekookte groenmielies (klik op die skakel vir die resep) by 2 geklitste eiers.
Roer by 15 mℓ suiker en ’n knippie sout, neutmuskaat en peper.
Klits die mengsel saam met 125 mℓ melk en 125 mℓ room.
Roer 250 ml gerasperde cheddar by die mengsel.
Vul ’n gesmeerde vorm met die mengsel.
Stip dit met stukkies botter en strooi broodkrummels oor.
Bak vir 30 minute by 180°C of tot gaar.

Haal uit die vorm en bedien.

No comments :

Post a Comment