Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/16/2016

Gesmoorde tarentaal

1 skoongemaakte tarentaal, behou die lewer
1 dik stuk spek, fyngekap
Hand vol pietersielie, fyngekap
Peper
2 stukke ham, fyngekap
2 uie, in ringe gesny
2 selderystele, fyngekap
300 mℓ bouillon / aftreksel
olie

Kap die tarentaal se lewer fyn en meng dit met die spek, pietersielie en peper. Stop die voël daarmee.

Verhit ’n bietjie olie in ’n kastrol en smoor die ham en groente tot sag.
Voeg ’n bietjie bouillon by en sit die voël bo-op.
Gooi die orige bouillon oor en sit die deksel op. Laat dit prut vir 1½ uur.

Skep enige oortollige vet af en sit voor saam met die groente.

No comments :

Post a Comment