Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/01/2010

Bouillon / Beesvleissop


Bouillon / Beesvleissop



Kookkuns Resepte

In die Franse kookkuns is bouillon een van die vier klassieke basisse vir 'n sop of sous. Dit is al "die siel van die sop" genoem.
Die ander drie is kalfsconsommé, consommé en hoendersop.


Voorbereidingstyd: 1 uur
Kooktyd: 5 uur
Totale tyd: 6 uur

Bestanddele:
vleis
groente
seldery
ui
prei
sout
vars naeltjie
peperkorrel
1 grypie neutmuskaat

Metode:
Jy hoef nie net beesvleis te gebruik nie, enige soort vleis kan bygesit word, maar die vleis moet vars wees.

Sny die vleis van die bene af. Sit eers die bene in ’n sopkastrol en daarna die vleis. Vul die kastrol met tweemaal soveel water as wat daar bene en vleis is. Gooi ’n bietjie sout in en laat dit stadig – baie stadig – opkook; skep die skuim gedurig af.

Laat dit ’n uur lank kook en sit dan die groente in – enige soort – saam met seldery, uie, preie, ’n paar naeltjies, peperkorrels en ’n grypie neutmuskaat. Laat dit dan stadig vir 4 ure kook, skep enige vet af en gooi dan deur ’n moeseliendoek.

Die sop sal nou helder en baie smaaklik wees. Dit kan nou net so as bouillon bedien word of as basis vir ’n ander sop gebruik word.

No comments :

Post a Comment