Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/22/2016

Gepekelde harder / Pickled Mullet

4 harders, skoongemaak met koppe en sterte af
Sout
4 rissies, fyngekap
Asyn
1 ui, in dun skywe gesny
2 lourierblare
6 naeltjies
6 peperkorrels
15 mℓ suiker
Water

Strooi sout en die rissies in elke vis. Sprinkel dan asyn in elke vis. Pak dit in ’n vlak oondbak.

Gooi kookwater oor die ui. Dreineer wanneer dit koud is.

Pak nou die uie oor die vis saam met die speserye en die lourierblare.

Meng die suiker met genoeg asyn en water om die vis te bedek. Gooi die mengsel dan oor die vis. Bedek die bak en bak by 140°C vir 15 minute.

Bedien hierdie vis koud.

No comments :

Post a Comment