Sedert toeka se tyd word sekere vissoorte tradisioneel saam met sekere speserye, kruie en souse gebruik in Suid-Afrika. Nodeloos om te sê die suurlemoen en mayonnaise variasies, suurlemoen variasies en botter word omtrent saam met alles gebruik. Hierdie lys gee vir jou ’n aanduiding van gewilde kombinasies:
Engelvis, knoffel, gemmer en sojasous
Geelbek, kerrie en blatjang
Galjoen, fyn uie en agurkies
Kabeljou, Worcester-sous
Kreef, tamatiesous
Salm, roomsouse
Sardientjies, kerrie en asyn
Snoek, piekeluie, appelkooskonfyt en botter
Skelvis, ansjovissous
Stokvis, mosterd
Tuna, braai-speserye
Vissmeer, uiesap en asyn
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment