Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/23/2016

Dee-oreo-truffels

Koekedoorwenner Corli Botha se kookboek Corli se kombuis het onlangs op die rakke verskyn en bevat heerlike resepte wat deeglik beproef is en geskik is vir beginners.

Een van hierdie smullekker resepte is vir dee-oreo-truffels, ’n nagereg wat gemaak word van Oreo-koekies en -krummels, Philadelphia-roomkaas en witsjokolade.

Die truffels is heerlik en maklik om voor te berei, en die resep lewer 20 tot 24 koekies:

Probeer die resep:

310 g Oreo-koekies
150 g Philadelphia-roomkaas
250 g witsjokolade
’n paar ekstra Oreo-krummels

Plaas die koekies in ’n voedselverwerker en pols vir ongeveer 1 minuut tot krummels. Hou 3 eetlepels koekiekrummels eenkant vir versiering.
Voeg die roomkaas by en verwerk tot goed gemeng, die krummelmengsel moet redelik dik wees.

Voer ’n bakplaat of ’n skinkbord uit met bak- papier, rol die krummelmengsel in balletjies en plaas op die bakpapier.
Vries die bakplaat met die balletjies vir ongeveer 15 minute tot die truffels hard is.

Smelt die witsjokolade vir 2 minute in ’n bakkie in die mikrogolf op hoog en roer deur met ’n vurk.

Haal die truffels uit die vrieskas. Gebruik twee vurke en doop die truffels een vir een in die sjokolade tot hulle goed bedek is.
Plaas weer op die bakpapier en sprinkel dadelik van die koekiekrummels oor voordat die sjokolade verhard.
Vries die truffels vir ten minste 1 uur tot ferm.

Haal vir ’n rukkie uit die vrieskas voordat jy dit voorsit.

No comments :

Post a Comment