Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/26/2016

Geurige frikkadelle

Vir die frikkadelle:
250 g maer beesvleis
25 g witbroodkrummels
1 eier
15 mℓ Robertsons Steak & Chops Spice
10 mℓ Robertsons Paprika
Olie

Vir die sous:
30 mℓ olie
½ ui, gekap
½ rooi soetrissie, gekap
½ blik gekapte tamaties
25 g tamatiepasta
15 mℓ blatjang
125 g kersietamaties, gehalveer
75 mℓ kookwater
Sout en swartpeper na smaak

Meng al die bestanddele vir die frikkadelle goed saam met ’n lepel.
Maak klein 60 g balletjies met die mengsel.
Pak die balletjies op ’n bakplaat wat met olie gesmeer is en bak in ’n voorverhitte oond by 180° vir 12 minute.

Om die sous te maak verhit jy die olie en braai dan die ui daarin tot goudkleurig en sag.
Voeg die soetrissie by en braai tot sag.
Gooi die geblikte tamaties by en kook vir 2 minute.
Voeg dan die blatjang en tamatiepasta by en kook vir 2 minute.
Gooi nou die halwe kersietamaties en kookwater by en kook vir nog 2 minute.
Voeg die frikkadelle by en kook tot dit verhit is.

No comments :

Post a Comment