Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/13/2016

Duurste tee op die planeet

Klink R140 000 vir ’n pot tee bietjie duur vir jou? Dit is wat tee-versamelaars bereid is om te betaal vir ’n paar koppies van die oorspronklike Da Hong Pao.

Da Hong Pao is waarskynlik die wêreld se skaarste tee en verkoop vir sowat R20 000 per gram. Daar is net ’n paar Da Hong Pao bome oor op die planeet en dit groei in die Wuyi-berge in China se Fujian Provinsie.

Daar is verskeie stories oor dié tee. Onder andere word beweer die blare word met bokmelk afgevee terwyl die groei. Nadat dit geoes word word dit gebak en dan laat lê om die geur te laat ontwikkel – vir 80 jaar.

Nie alle variëteite van Da Hong Pao is so duur nie. Die goedkoper soorte verkoop vir sowat R150 per gram. Die laaste oes van die ou variëteit was ongelukkig in 2005 en dit lyk tans nie asof die bome genoeg beskerm word om nog ’n oes te verseker nie.

No comments :

Post a Comment