Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/15/2016

Gestoofde volstruis / Braised ostrich

1 kg volstruisvleis
1,2 ℓ joghurt

Laat die vleis vir 8 dae in jogurt lê. Draai elke dag om.

Olie, genoeg om die bodem van ’n swaarboom kastrol te bedek
120 g klein uitjies
1 ui, in skywe gesny
3 wortels, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, fyngekap
1 rooi soetrissie, fyngekap
15 mℓ meel
560 mℓ aftreksel
250 mℓ rooiwyn
Sout en peper
2,5 mℓ suiker
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g knopiesampioene
’n hand vol pruimedante

Haal die vleis uit en spoel die jogurt af. Droog die vleis af en sny dit in blokkies.

Verwarm die olie in die kastrol.
Braai die vleis vinnig bruin aan alkante. Haal dit uit.

Soteer die uitjies tot bruin in dieselfde kastrol. Haal uit.

Braai nou die skywe uie en soetrissie stadig in die kastrol tot dit kleur begin kry.
Gooi enige oortollige vet af. Daar moet net sowat 15 mℓ vet oorbly.
Roer die meel by en laat dit vir 2 minute kook.
Voeg nou die aftreksel en wyn by en laat dit ’n bietjie kook.
Geur met sout en peper na smaak en sit dan die vleis terug en plaas die deksel op. Laat dit prut vir 2 tot 3 uur of tot die vleis sag is.
15 minute voor jy dit bedien skep jy die sampioene, uitjies en pruimedante by.
Bedien die gereg op rys.

No comments :

Post a Comment