Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/06/2016

Pure bier plesier

Vir die afgelope twee jaar word die Suid-Afrikaanse publiek oorval met sogenaamde “craft” bier opsies. Die mikrobrouerye spring op soos spreekwoordelike paddastoele, vanaf Gauteng tot selfs in Durban en kuslangs tot onder in die Kaap.

Buiten die hoë standaard, wat konstant verbeter, is dit die kreatiwiteit van sommige wat my telkens verbaas.

So byvoorbeeld kry jy die Sarie Marais Kersie Bier met haar pasmaat Jan Pampoen, met die smaak van regte kerkbasaar pannekoek, bestrooi met kaneelsuiker. Beide word gebrou deur twee susters, diep in die Cederberge.

Vat die N2 vanuit Kaapstad na Grabouw. Dit is die brouplek van die Sxollies (uitgespreek Skollie), waar jy kan kies tussen Granny Smith en Golden Delicious Appelbier (ciders) of die immergewilde Packham “Perry” Peer. Almal gebrou met regte egte vrugte.

Laastens stop ons in Struisbaai waar ‘n opregte Rooinek Engelsman ‘n kraakvars Pilsner brou, wat hy heel gepas “Soutie” noem.

Om bogenoemde opsies en vele meer in jou yskas te kry, besoek gerus www.citycellar.co.za of loer in by ons baksteen winkel, geleë in Joostenbergvlakte, Kaapstad.

Gesondheid!

- Friedrich von Wielligh

No comments :

Post a Comment