Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/05/2016

’n Lekker laaang bruschetta

Kuierkos is al ’n maand of twee op die rakke. Dit is mos nou juis kuiertyd en daarvoor kry julle ’n voorsmakie uit hierdie handige nuwe resepteboek. Die boek sluit ook die jaar op 'n gepaste noot af: Hou Kersfees saam met oud en jonk. Want kuier is immers lekker.

Sit dié lang bruschettas voor met ’n verskeidenheid bolae insluitende die groenboontjies, Parmaham en ander kouevleise sodat almal hulself kan help. Hierdie resep is genoeg vir 6 persone:

2 baguettes
2 knoffelhuisies, gekneus
80 mℓ olyfolie

Voorverhit die oond tot 220 °C.
Sny die baguettes in die lengte middeldeur, smeer met knoffel en verf olyfolie aan die binnekante.
Rooster vir 5-8 min. of tot goudbruin en bros.

Gemarineerde dun groenboontjies:
200 g dun groenboontjies
250 mℓ olyf- of avokado-olie
60 mℓ witwynasyn
15 mℓ Dijon-mosterd
1 knoffelhuisie, fyngekap
5 mℓ heuning
2 hande vol pietersielie, fyngekap
60 ml dennepitte of sonneblomsaad, gerooster

Kook die groenbone vir 2-3 min. in soutwater.
Dreineer, dompel in yswater en dreineer weer. Skep in ’n skoon glasbak.
Meng die olie, witwynasyn, mosterd, knoffel, heuning, pietersielie en dennepitte en sprinkel oor die groenbone.

Kuierkos / Vickie de Beer -- Human & Rousseau, 15 September 2016; 288 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798171878

No comments :

Post a Comment