Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/16/2017

Franse lemoensous / French Orange Sauce

Gerasperde skil en sap van 1 lemoen
15 mℓ suiker
15 mℓ botter
15 mℓ mielieblom
250 mℓ water
2 eiergele
30 mℓ lemoenlikeur

Vryf die suiker en lemoenskil bymekaar met die agterkant van ’n houtlepel.

Smelt die botter in ’n souspan en roer die mielieblom by om ’n roux te maak.
Voeg dan die water by en roer tot dit begin kook.
Meng nou die lemoenskil-mengsel en die lemoensap en gooi dit dan by die roux. Prut vir 3 minute.

Verwyder die souspan van die hitte en laat dit effens afkoel.
Roer nou die eiergele by.
Die lemoenlikeur kom laaste by.

No comments :

Post a Comment