800 g stowe beesvleis, in stukke gesny
Meel
Sout
Peper
Botter
Olyfolie
1 ui, in stukke gesny
2 lourierblare
5 mℓ gerookte paprika
1 rissie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 soetrissie, in stukke gesny
2 murgpampoentjies, in stukke gesny
7 wortels, geskil en in groot stukke gesny
1 tamatie, fyngekap
375 mℓ rooiwyn
5 takke roosmaryn
Maak ’n mengsel van meel, sout en peper en rol die stukke vleis daarin.
Smelt ’n groot klont botter saam met olyfolie in ’n swaarboompot.
Wanneer die botter gesmelt is braai jy die ui daarin vir 4 minute.
Gooi nou die lourierblare, paprika, rissie, knoffel en soetrissie by en roer deur. Braai vir 1 minuut.
Gooi die vleis by en meng versigtig.
Gooi die murgpampoentjies, wortels en tamaties by. Gooi die wyn agterna oor en plaas die takke roosmaryn bo-op.
Plaas in ’n 160°C-oond vir 3 uur lank of tot die vleis baie sag is.
Bedien saam met warm Franse brood of oor rys.

No comments :
Post a Comment