Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/06/2017

Gestoofde kool / Chou braise

Blansjeer die kool, dreineer, plaas in koue water en dreineer weer.
Sny enige harde dele uit die blare.

Sny ’n skoongemaakte wortel of twee in blokkies.

Voer ’n groot genoeg swaarboompot uit met spek.
Plaas die wortels in ’n hopie in die middel van die pot en plaas die koolblare bo-op.
Geur met sout en peper en ’n knypie neutmuskaat.
Plaas ’n skoongemaakte ui waarin jy ’n naeltjie gedruk het saam in die pot asook ’n bouquet garni.
Gooi genoeg aftreksel in die pot sodat twee-derdes van die koolblare ten minste bedek is.
Plaas ’n repie spek of twee bo-op.
Bring die hele spulletjie tot kookpunt, sit dan die deksel op en plaas die pot in ’n 180°C-oond vir 1½ uur.

No comments :

Post a Comment