Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/09/2017

Gemarineerde sampioene / Marinated Mushrooms

45 mℓ suurlemoensap
30 mℓ vars gekapte pietersielie
2 mℓ sout
2 dragon blare
Varsgemaalde swartpeper
125 mℓ olyfolie
1 knoffelhuisie
225 g knopiesampioene

Maak ’n marinade deur die suurlemoensap, pietersielie, sout, dragon en swartpeper te meng.
Gooi dan die olie stadig by terwyl jy dit klits met ’n ballonklitser.

Druk die knoffel stukkend en gooi by die marinade.

Verwyder die sampioene se stele en behou dit vir ’n ander gereg.
Vee die sampioene skoon en gooi dit dan in die marinade. Bedek dit en hou dit vir ten mnste 4 uur in die yskas – of oornag. Roer dit van tyd tot tyd.

Verwyder die knoffel voor jy dit bedien.

Jy kan hierdie sampioene as ’n peuselhappie bedien of as deel van ’n slaai.


No comments :

Post a Comment