Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/08/2017

’n Gesonder macaroni-en-kaas / Healthier Macaroni and Cheese

Hierdie macaroni-en-kaas is die beter keuse vir ’n gesonde leefstyl.

Hierdie resep is genoeg vir 4 persone.

400 g volkoringpasta
’n houer ricotta, gekrummel
3 eiers, geklits
1 eiergeel
250 mℓ laevetmelk
15 mℓ vars gekapte pietersielie
Sout en gemaalde swartpeper
Babaspinasie
250 g kersietamaties, gehalveer

Kook die pasta volgens aanwysings op die verpakking.
Dreineer.

Meng ¾ van die ricotta met die eier, melk en pietersielie en geur met sout en peper.
Gooi die mengsel by die pasta en roer dit by saam met die spinasie en tamatie.
Plaas die mengsel in ’n oondvaste bak en krummel die orige ricotta oor.
Bak vir 20 minute tot goudbruin in ’n 160°C-oond en bedien.

No comments :

Post a Comment