Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/02/2017

Boontjies geprut in tamatiesous / Fasoi Bogonadi

Baked beans, of jy haat dit of jy is gek daaroor. Die Italianers maak hul eie weergawe – of dalk die oorspronklike weergawe.

Jy het 400 g haricot bone nodig wat jy oornag in louwarm water week. Kook dit dan die volgende dag tot sag. Moenie sout dan al byvoeg nie, dit sal die boontjies hard maak.

Jy het dan ook die volgende bestanddele nodig:

100 mℓ olyfolie
100 g tamatiepasta
’n hand vol pietersielie, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
Sout en peper

Verhit die olyfolie in ’n pan en gooi dan die tamatiepasta by wat jy bietjie verdun het met water. Gooi ook die pietersielie en knoffel by. Wanneer alles begin kook geur jy dit met sout en peper voor jy die gedreineerde boontjies bygooi. Plaas ’n deksel op en los oor lae hitte vir ten minste 10 minute.

Hierdie bone moet warm bedien word.

Ps. Gooi ook ’n fyngekapte rissie by as jy so voel.

No comments :

Post a Comment