Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/27/2017

Forel meunière / Truite meunière

6 skoongemaakte forelle
4 eetlepels meel, gesif met ’n knippie sout en peper
40 g botter

Vir die noisette-botter:
30 g botter
Sap van ½ suurlemoen
Sout en peper
2 teelepels fyngekapte pietersielie
1 teelepel varsgekapte grasuie

As die vis baie groot is, kerf een of twee maal deur die vel aan beide kante.
Rol nou die vis in die meel.

Verhit ’n swaar braaipan en wanneer dit goed warm is word die botter bygevoeg.
Wanneer die botter begin skuim, plaas die vis in die pan en braai goudbruin aan albei kante. 6 minute aan die een kant, draai om, 6 minute aan die ander kant.
Skep dan die forelle uit en hou warm.

Vee die pan uit en plaas die botter vir die noisette-botter in die pan. Verhit tot dit donkerbruin word.
Voeg die suurlemoensap, sout en peper en kruie by, meng en gooi oor die vis.

Bedien die vis dadelik.

No comments :

Post a Comment