Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/07/2017

Ingelegde geelbek / Curried fish

Die beste vis vir hierdie resep is geelbek of kabeljou, maar jy kan enige vis met ferm vleis gebruik.

4 kg vis, in skywe van ongeveer 25 mm gesny
2 eetlepels sout
6 uie, in ringe gesny
2 lourierblare
2 rissies
½ koppie kerrie
1 teelepel borrie
2 eetlepels suiker
12 peperkorrels
6 koppies asyn

Strooi die sout oor die vis en laat staan dit so vir ’n paar uur.

Braai of stoom die vis tot gaar.

Kook die res van die bestanddele saam.
Terwyl dit warm is pak jy laag op laag vis en kerriemengsel in ’n erdepot. Maak die pot styf toe.
Laat dit staan vir ten minste 24 uur voor jy dit gebruik.

No comments :

Post a Comment