Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/06/2017

Soettand

Koelsoem en Flori, Suid-Afrika se gunsteling-tannies van Bonteheuwel, is terug met hul tweede boek, Soettand.

In dié boek deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding, onderstebo-tert, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoenysies, gemmerpoeding, broodpoeding met ‘n verskil, Hertzoggies en die berugte tweegevrietjies.

Die eerlike en onopgesmukte kos uit die hartjie van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kombuise in Bonteheuwel op die Kaaspe Vlakte het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Die twee afgetrede tannies se onfeilbare resepte, perfek beproef na jare se ondervinding, het daarvoor gesorg dat Kook saam Kaaps, hul eerste boek, topverkoperstatus bereik het, met amper 10 000 eksemplare wat binne ses maande verkoop is.

Soettand / Flori Schrikker en Koelsoem Kamalie-- Lapa, Februarie 2017; 128 p. ; sagteband. -- ISBN 9780799379884


Soettand,
Bettie Blom,
6 April 2017.

3

No comments :

Post a Comment