Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/12/2017

Crêpe

Die crêpe is die regte Franse pannekoek, delikaat en papierdun. ’n Ware crêpe bevat min meel en word hoofsaaklik van eiers gemaak, wat met water of likeur verdun word.

Gebruik ’n groot mengbak, gooi 3 eetlepels meel en ’n ½ teelepel sout daarin en meng dit goed.
Jy het 2 koppies vloeistof nog; 1 deel water en twee dele brandewyn of rum is ’n goeie mengsel. Gooi letterlik ’n paar druppels op ’n slag by terwyl jy aanhoudend roer.
Klop nou een eier by en klop baie goed met ’n houtlepel.
Wanneer die eier goed bygewerk is gooi jy die volgende eier by. Maak so met ’n derde eier ook.
Jou deeg moet baie loperig wees.
Laat die deeg staan vir ’n uur. Sommige kokke is van mening dat dit oornag moet staan.

Verhit ’n swaar ysterpan en verf olyfolie oor met ’n kwas.
Gooi die deeg oor die bodem van die pan met ’n klein straaltjie deeg. Die bodem moet net-net bedek wees. Jy kan maar ’n gat of twee los in die oppervlak.
Braai tot goudbruin en draai dan om en braai goudbruin aan die ander kant.


No comments :

Post a Comment