Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/15/2017

Kool à l’anglaise / Chou à l’anglaise

Sny ’n kopkool in kwarte en verwyder die binneste harde stingel. Verwyder ook enige verlepte blare aan die buitekant.

Blansjeer die kwarte in kookwater vir 5 minute, dreineer en plaas dan weer in kokende soutwater tot die blare sag is.

Dreineer die kool en pers dit dan tussen twee borde. Twee broodplanke werk goed hiervoor.
Sny dit dan in dun skywe.
Lê die skywe uit op ’n bord en bedien met gesmelte botter.

Bedien hierdie gereg saam met vleis.

Op die foto is dit in ’n vorm saamgepers.

No comments :

Post a Comment